Kinders vanaf 3 maande tot 6 jaar asook graad R.

Ons wil u kind deel maak van ons kleingroep ontwikkeling
en ons
klassies wissel van:

  • 12 babas per klas met 2 Babagroeppersoneellede,
  • 12 peuters per klas met ‘n Gekwalifiseerde personeellid,
  • 16 kleuters per klas met ‘n Gekwalifiseerde personeellid,
  • 16 Graad R kleuters per klas met ‘n Gekwalifiseerde personeellid

Skool Beleid:

  • ’n Omgewing waarin kleuters tot volle potentiaal kan ontwikkel
  • Gelukkige kleuters wat kan leer, speel en fantaseer, soos net
    kinders kan doen.
  • Behoud en ontwikkeling van die individualiteit van die kind
  • ’n Skoon, veilige en praktiese omgewing
  • Hoë standaard onderrig
  • Handhawing van Christelike norme en waardes
  • Gebalanseerde maaltye en peuselhappies
  • Goeie en openlike skool en ouer verhoudings

 

Kurrikulum:

Onderrig geskied op ’n tema sisteem en die volgende leerareas word
aangespreek:

  • Lewensvaardighede (groot motoriek, ouditiewe persepsie,
    taalontwikkeling, musiek, kuns)
  • Geletterdheid (fyn motoriek, visuele persepsie, liggaamsbegrip)
  • Syferkennis (wiskundige begrippe, posisie in die ruimte, meting)
  • Accelerate Kids (Kinderkinetika)

Die Graad-R onderwyseres maak gebruik van die ALLES-IN-EEN geintegreerde leerprogram om die kleuters voor te berei vir skool.

Ons speel area is in die skaduwee op hoë kwaliteit kuns gras. 

Sandput onder dak wat toegemaak word vi higiëne

Hoë gehale speelgoed.

Sagte Speel Area.

Ons is Afrikaanse kultuur gefokus.

Christelike Onderwys.